“In the small matters, trust the mind, in the large ones, trust the heart” ~ Sigmund Freud

“It always seems impossible until it’s done.” ~ Nelson Mandela

The real voyage of discovery consists not in seeking new landscapes, but having new eyes” ~ Marcel Proust

“It always seems impossible until it’s done.” ~ Nelson Mandela

The real voyage of discovery consists not in seeking new landscapes, but having new eyes” ~ Marcel Proust

“In the small matters, trust the mind, in the large ones, trust the heart” ~ Sigmund Freud

ONTMOET JAMES BROWN

Ek is ‘n kliniese sielkundige wat met ywer en nuuskierigheid die intriges van die deurmekaar kop / hart probeer verstaan. Ek put genot daaruit om met allerhande kulture, rasse en geslagte te werk, want dit is tog ons uniekheid wat ons verbind en sodoende een maak.

Ek sien psigoterapie as ‘n dans tussen twee mense (terapeut en kliënt), met die kliënt wat die passies lei, teen sy / haar tempo en terselfde tyd terugkyk na vroeër hartsere en wonde wat in daardie lewe plaasgevind het.

My kernbelangstelling lê by die “moeilike” tiener (vanaf die ouderdom van 15 jaar oud). Ek glo dat ek die struikelblokke van vandag se tieners verstaan, wat moet aandring op hul plekke in die “grootmens” wêreld. Tieners kan maklik wegraak in hul natuurlike habitatte, gevul met slimfone en allerhande tegnologiese slimhede, wat hul gebruik om hul pyn mee te vermom.

My doel is om die tiener se ware kleure te vind om ten einde hom / haar te self-aktualiseer sodat hul selfstandig en onafhanklik kan optree in hul milieu, en dat hul nie konstant voel of die weergawes van hulself nie goed genoeg is nie. Dus staan self-aktualisering sentraal tot die suksesvorming in die terapeutiese proses.

Ek gebruik ‘n geintegreerde benadering tot terapie wat Rogerian beginsels inkorpereer, tesame met psigo-dinamiese filisofiee. Dit beteken ek werk teen die tiener se pas, in die hier en in die nou, maar maak ook ruimte om te praat oor vroeër lewenstraumas.

Op ‘n ligter noot is ek lief vir my mense en ons land en geniet ek ‘n balans tussen sport, oefening en rooiwyn. Ek is ‘n trotse Suid Afrikaner en wil mense in nood dien.

Visit Us

633 Windsor Road

Pretoria

0600

Contact us

066 1841 865

info@jbpsych.co.za

www.jbpsych.co.za